Inskrywings vir Die Kontrak 3

Open Saterdag 1 April en sluit 29 April 2023

Geniet Die Kontrak op Sondae 18:30

vanaf 10 September tot 3 Desember,

op e.tv met herhalings op eKstra en eVOD

diepryse

'n Platekontrak van die

Coleske Groep

ter waarde van

R1 000 000

Deelnemers wen

'n Toyota Starlet

vir 'n jaar.

skryfin

01 Neem Video en Deel

Neem ‘n video van waar jy jou gunsteling liedjie sing en laai dit op jou Facebook, Instagram of TikTok. 

Stel jouself aan die mentors voor.  Sê dalk wat jou naam is en waar jy vandaan kom.

Tag dan jou mentor keuse asook Die Kontrak se sosiale media in die plasing.

Dit is baie belangrik dat jy die hutsmerk #DieKontrak3 gebruik.

02 Registreer jouself

Registreer jou inskrywing op Die Kontrak se webblad om seker te maak dat die mentors spoedig jou inskrywing onder oë kan kry.


Deur nie jou inskrywing te registreer nie is dit moontlik dat die kenners jou inskrywing kan miskyk tussen die massas inskrywings wat geplaas word.

Registreer Hier

Hierdie stap is kardinaal.

03 Ondersteuning

Kry al jou vriende en familie om jou te ondersteun.


Sodra jou onskrywing op sosiale media gelaai is en jy jou inskrywing op die webblad geregistreer het, sal jou sosiale media gemonitor word om te sien of die mense in jou sirkel ook voel dat jy die kontrak moet wen.


Jy sal ook 'n skakel ontvang wat jy op sosiale media kan deel om by publiek stemme te ontvang.

Gereelde vrae

  • Is daar ’n ouderdomsbemerking op inskrywings?

    Nee, enige persoon van enige ouderdom kan inskryf vir Die Kontrak.

  • As die opnames in Pretoria gebeur, gaan dit my nie baie duur uitwerk nie?

    Nee, as jy een van die Mentors se keuses is en na Pretoria moet reis, sal Die Kontrak jou vervoer, verblyf en etes dek. Vir so lank as wat jy in Pretoria vir die opnames moet wees.

  • Moet ek vir my inskrywingsvideo met begeleiding sing

    Dit is jou keuse, jy kan met begeleiding of a capella sing, solank as wat jou stemopname direk op die video is en nie vooraf opgeneem is nie.

  • Wanneer begin Die Kontrak uitsaai en waar?

    Die nuwe seisoen van Die Kontrak sal vanaf 10 September tot 3 Desember elke Sondag om 18:30 op e.tv uitsaai met herhalings op eExtra en eVOD.

  • Kan en inskryf al het ek reeds ’n CD gemaak en tree op.

    Solank as wat jy nie ’n kontrak met ’n platemaatskappy of 'n vaste agentskapsooreenkoms het nie sal jy kan deelneem.

Registreer Hier

Volg ons

Share by: